Vriende van die Kloofendal-natuurreservaat (FroK), is ‘n groep bewaringsbewuste vrywilligers wat hul beywer vir groter bewustheid van natuurlike en toe te sien dat die natuurreservaat in Roodepoort versorg word en bewaar bly. Die reservaat is sowat 150 ha groot en het talle wandelpaaie, ‘n piekniekterrein en ‘n ekologie-inligtingsentrum. Vanuit die voëlskuiling langs die dam is minstens 97 voelspesies al opgemerk.