Tuisblad / Nuus / Wen ’n nuwe FAK-sangbundel!

Afrikaners sing al meer as sewe dekades lank uit die FAK-sangbundel, die skatkis van Afrikaanse volksmusiek.

Die nuwe FAK-bundel Volume 2 het 400 liedjies in wat almal sedert die vorige uitgawe van die bundel in 1979 die lig gesien het.

Liedjies soos Ballade vir enkeling, De la Rey, Engel en Houtkruis en van die gewildste werke deur musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat.

Kontemporêre musiek, luisterliedjies, volksliedjies, kinderliedjies, geestelike liedere, tradisionele liedjies, kunsmusiek en koormusiek is in die bundel opgeneem.

Die ou sangbundel met sy ou geliefdes soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais is steeds beskikbaar dié nuwe bundel is daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word uit te brei.

Die FAK skenk aan een gelukkige leser ’n eksemplaar van die nuwe sangbundel. Teken aan en skryf in

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Sondag 2013-05-26
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 8° - 26° icon
JHB 6° - 24° icon
BLOEM 6° - 26° icon
DBN 16° - 28° icon
PE 11° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs