Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Nuus / So wys soos oupa Pirow Bekker

“Een doring van ervaring is meer werd as ’n wildernis vol waarskuwing.”

Só lui die wyse woorde van die naamgenoot en kleinseun van die digter en kortverhaalskrywer Pirow Bekker.

Petrus Jakobus, oftewel Pirow Bekker jr. (18) van die Hoërskool Linden, het sewe A’s in die matriekeksamen behaal.

Pirow jr., die oudste seun van Albertus (43), ’n risikobestuurder van Nedbank, en Emma (43), die eienaar van ’n sakeonderneming in Greenside, begin vanjaar sy naskoolse studie in genetiese ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

Hy wil eers sy graad in mikrobiologie afhandel en dan met Wits se uitruilstudieprogram sy meestersgraad in genetika in Duitsland verwerf.

Hy het dié land reeds twee keer besoek.

“Ek hou van Duitsers. Alles in Duitsland werk. Dit is veiliger. Die sneeu is natuurlik ’n voordeel. Dit is lekkerder om ’n student in Duitsland te wees. Universiteite daar is baie beter, en die sosiale lewe ook,” sê hy.

 

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom