Tuisblad / Nuus / Fisioterapeut met sokkerdrome

Dié aspirant- pediatriese fisioterapeut wil oor twee jaar in Suid-Afrika se Banyana Banyana- o.20-vrouesokkerspan wees wanneer hulle aan Fifa se Wêreldbekersokkertoernooi deelneem.

“Ek hou van sokker, sokker en nogmaals sokker,” sê Naeema Hussein El Kout (17), voormalige matrikulant aan die Parktown High School for Girls in Johannesburg.

Naeema, dogter van Ahmed, ’n sakeman, en Aysha, ’n tuisteskepper, het haar matriekeksamen met sewe A’s geslaag.

Die topmatrikulant beoog om ná ’n mediese graad ’n Montessori-onderwyseres te word.

“Ek wil ’n positiewe verandering in die wêreld teweegbring en hoop selfs om eendag as koordineerder van ’n welsynorganisasie op te tree,” vertel sy.

Naaema hou van kuns, geskiedenis en om die oorsprong van gelowe te bestudeer, terwyl die natuur en buitelewe haar ook na aan die hart lê.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs