Tuisblad / Nuus / ‘Dr.’ Marí gaan gesondheid regruk

Sy wil ’n dokter word en hopelik eendag die minister van gesondheid van Suid-Afrika wees.

Marí Tredoux (18), oud-onderhoofmeisie van die Hoërskool Linden in Johannesburg, sê dis geen geheim dat daar grootskaalse probleme in die departement van gesondheid is nie. “As ons die stelsel kan regkry, sal dit goed gaan met Suid-Afrika.”

Sy hoop om haar mediese graad aan die Universiteit van die Witwatersrand te behaal nadat sy ses A’s in matriek behaal het.

Marí is ’n kranige hokkiespeler wat vir die Lindeniete se tweede hokkiespan op die veld gedraf het en speel graag klavier.

“Ek kom uit ’n familie wat nie bang is om te werk nie,” sê sy.

Marí was in gr.11 die redakteur van die Ja-Nee-skoolkoerant, het A’s vir Engelse toespraakvaardighede gekry en was ’n deelnemer aan die ATKV-redenaarskompetisies.

Sy was in haar gr.9-jaar ’n uitruilstudent in Duitsland.

Marí het vrywillig gewerk by die Helen Joseph- en die Netcare Olivedale-hospitaal en wil in traumabehandeling spesialiseer.

Sy is die oudste dogter van Johann (48), Absa-streekbestuurder, en René (45), ’n kleuterskoolonderwyseres.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 10° - 17° icon
PTA 5° - 22° icon
JHB 2° - 21° icon
BLOEM -2° - 21° icon
DBN 9° - 24° icon
PE 9° - 18° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs