Tuisblad / Nuus / Ingenieurswese in Jaco se gene

As Jaco Jansen (18), ’n voornemende ingenieurswesestudent, met ’n lekkerleesroman, Egiptiese of Griekse mitologie uit sy wêreld kan ontsnap, is hy op sy gelukkigste.

Jaco spog met sewe A’s in verlede jaar se matriekeksamen plus ’n onderskeiding in ’n onafhanklike eksamenraad (IEB)-vak, alpha wiskunde.

Dié oudste seun van Paul (46), ’n onafhanklike bestuurskonsultant, en Charlene (44), ’n rekenaaropleidingskonsultant, het van kleins af akademies presteer.

Hy het voor die rekordeksamen ’n gemiddelde van 85% gehandhaaf.

Jaco, wat homself as “’n groot diereliefhebber en introvert” beskryf, se beste vak was nie verniet ingenieursgrafika en -ontwerp nie. Nou volg hy in die voetspore van sy oorlede oupa, George Perreira, wat op sy dag ingenieursassistent was en by ’n tegniese kollege in Noordwes klas gegee het. Jaco gaan chemiese ingenieurswese studeer.

Hy was in sy matriekjaar kaptein van sy skool se eerste hokkiespan.

Hy hou ook van skubaduik en fotografie.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-06-18
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 7° - 22° icon
PTA 2° - 20° icon
JHB 0° - 18° icon
BLOEM -3° - 18° icon
DBN 9° - 23° icon
PE 7° - 20° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs