Tuisblad / Nuus / Ná kwadfiets kry Ashique nou ’n motor vir al sy A’s

Die adrenalien bruis al van vierjarige ouderdom deur Ashique Panday (18) van Parktown Boys High se are as dit by motorfietse kom.

Sy voorliefde vir super-motorfietse het egter nie in dié aspirant-hartspesialis se pad gestaan om sewe A’s in die matriekeksamen te behaal nie.

Ashique, van Crosby, Johannesburg, het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering behaal.

Dié enigste kind van Leon (47), ’n bemarking- en sakeontwikkelaar, en Shah (45), ’n tuisteskepper, gaan Tukkies toe om sy mediese graad te verwerf voordat hy in hartchirurgie wil spesialiseer.

“Hy is altyd gefokus. Hy weet waaroor die lewe gaan,” sê Panday sr. trots.

Harde werk word beloon, verduidelik die Pandays.

“Sedert hy klein was, is hy geleer om vir iets te werk. As hy goed doen, kry hy ’n kwadfiets. So het hy sy Kawasaki Ninja 636-motorfiets vir sy 17de verjaardag gekry. Met dié onderskeidings kry hy ’n nuwe motor vir universiteit,” sê sy ma.

Ashique, wat homself as sowel “selfversekerd” as “nederig” beskryf, se gunstelingvakke is wiskunde en biologie.

Ná ’n vakansie in KwaZulu-Natal ontspan hy tuis voordat sy mediese studies van byna 15 jaar eersdaags begin.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs