Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Internasionale operaster in Promusica

Die internasionaal bekende operatenoor Stéfan Louw sing vanjaar saam met die Pro Cantare-koor onder leiding van Daniela Pretorius in ’n reeks operakonserte in die Joburg Promusica-teater in Roodepoort.

“Ek werk al sedert 2003 op gereelde grondslag saam met lede van die koor en sien uit daarna om weer die verhoog met hulle te deel,” sê Louw.

In die aanbieding Aria! Opera for Everyone gaan Louw gewilde sowel as minder bekende opera-arias met klavierbegeleiding sing.

“Die doel van die konsert is om aan die opera-connoisseur iets te gee wat nie dikwels op Suid-Afrikaanse verhoë gehoor word nie en om vir mense wat opera-nuwelinge is bekende wysies aan te bied,” sê Louw.

Die radio-omroeper en operakenner André Liebenberg gaan die seremoniemeester wees en die gehoor vermaak met interessante feite oor elke aria en die opera waaruit dit kom.

Sangers wat saam met Louw in vanjaar se operareeks gaan sing, is die sopraan Hanli Stapela, die mezzo-sopraan Elizabeth Lombard en die bariton Thabang Senekal.

Eugene Joubert sal die klavierbegeleiding gee.

Kaartjies kos R120 vir volwassenes, R90 vir studente en pensioentrekkers en R50 vir kinders jonger as 12. Bespreek by Computicket.

Die eerste konsert is op 8 Februarie, en daarna op 19 April, 7 Junie, 26 Julie, 4 Oktober en 6 Desember. Dit begin om 20:00.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
bottom