Trinity House School in Little Falls.  "/> Wes-Beeld - Tien dubbeldoortjies
Tuisblad / Nuus / Tien dubbeldoortjies

Die eerste skooldag verloor nooit sy "magic" nie, sê Lynn van Jaarsveld, hoof van  Trinityhouse Little Fall se pre-primêre skool. Die kleuterskool spog met niks minder nie as tien tweelinge. 

Januarie was 'n maand vol eerstes vir die skool. 

Die leerlinge van Trinityhouse Preparatory School het 'n splinternuwe skoolgebou. Die baksteen-en-staal-tweeverdiepinggebou het mooi ontwerpte klaskamers, biologie- en rekenaarlaboratoriums en 'n saal. Die saal is die middelpunt van die gebou en is die grensgebied tussen junior en senior klasse.  

Hennie Strydom, die hoof van Trinityhouse Preparatory, sê die onderwysers geniet die nuwe gebou net soveel soos die kinders en hulle het al die stoppe uitgetrek om die leerlinge 'n puik leer-omgewing te bied. 

Die hoërskool begin ook vanjaar met 'n gr. 8- en gr. 9-klas. Hulle deel tydelik die nuwe gebou met die laerskool, totdat hulle hul eie vleuel kry.

“Dis 'n opwindende groeifase en ons is in ons skik met die geesdrif van ouers en leerlinge oor die nuwe senior grade by Trinityhouse. Ons sien uit daarna om 'n sterk en vooruitstrewende akademiese kampus te vestig," sê  Lynne Davis, hoof van die hoërskool. 


  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs