Woensdag 23 April 2014
Tuisblad / Nuus / Randfontein se ‘blitsige’ internetspoed só verklaar

Randfontein se internetspoed is die vinnigste in Suid-Afrika en vergelyk goed met die res van die wêreld s’n, beweer die gesaghebbende, internasionale breëband-datamaatskappy Ookla.

Maar Arthur Goldstuck, tegno-kundige, gooi koue water op dié stelling.

Die jongste statistieke van die Ookla Net-indeks plaas Suid Afrika in die 121ste plek van 180 lande volgens aflaaispoed. Die gemiddelde verbruiker in Suid-Afrika se aflaaispoed is 3,42 mbps vergeleke met 12,73mbps in die res van die wêreld.

Randfonteiners kan volgens Ookla oor die internet rondglip teen 11,42 mbps. In Bryanston is die spoed die tweede vinnigste teen 9,70 mbps en Randburg is derde teen 8,94 mbps.

Johannesburg is tiende vinnigste in die land.

Hongkong, Singapoer, Japan, Litaue en Luxemburg het ’n aflaaispoed van 35 mbps.

Goldstuck is hoof van World Wide Worx, wat tegnologie navors en op ondernemings se tegnologie-strategieë fokus. Hy sê die bewering dat Randfontein se internetspoed so blitsig is, is misleidend.

Hy verduidelik Ookla se statistieke berus op mense wat ’n gratis toets doen en hy meen die Randfontein-statistieke dui daarop dat ’n baie klein getal mense dié toets gedoen het, bowendien met vinnige rekenaars én ’n ADSL-lyn.

)Randfontein het ’n bevolking van sowat 130000 mense en sluit die townships Mohlakeng en Toekomsrus in.

Lede van die Randfontein-inwonersforum het verlede jaar na die munisipale kantore gestap en ’n memorandum, meestal met griewe oor behuising en elektrisiteitsverskaffing, oorhandig.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
bottom