Tuisblad / Nuus / Interhuis-atletiek in bloedige hitte

Die Hoërskool Noordheuwel se interhuis-atletiekbyeenkoms tussen die Romeine, Spartane en die Germane is verlede week beslis.

Al het daar ’n effense wind gewaai, het die hitte sy tol geëis en so vroeg in die seisoen was die atlete se tye en afstande nog nie briljant nie.

Nogtans was daar puik atletiek en die seisoen wat voorlê, behoort mooi atletiek op te lewer.

By die Hoërskool Monument het die Kudu’s, Kwaggas en Buffels mekaar verlede week op een van die warmste dae dié somer op die atletiekbaan gepak.

Die atletiek op sowel die baan as op die veld was ook vuurwarm.

Van die top-atlete het gewys dat hulle hul reeds voorberei vir die seisoen wat voorlê.

)Kyk op www.wesbeeld.com na nog foto’s van die byeenkomste.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Sondag 2013-05-26
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs