Tuisblad / Nuus / Graad eentjies paddabeentjies

’n Groot dag het dié week vir duisende graad eens aangebreek toe hulle vir die eerste keer groot skool toe is. Die eerste dag by die meeste skole aan die Wes-Rand het glad verloop en daar was min trane.

By die Laerskool Louw Geldenhuys in Linden is 115 nuwe gr. 1’s verwelkom en hoewel ’n klompie kinders laat ingeskryf het, was alles rustig in die vyf gr. 1-klaskamers.

Die Laerskool Florida het 121 nuwe graad eens bygekry en by dié skool was alles ook rustig en ordelik.

By die tweetalige Laerskool Genl. De la Rey in die voorstad Delarey is daar tot dusver 112 graad eens. Vyf of ses kinders wie se ouers hulle vroeër daar ingeskryf het, het volgens die skool nie opgedaag nie. “Ons weet van ’n paar wat nog volgende week kom, maar dis nog nie seker nie,” sê Frieda Visser van die skool.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs