Tuisblad / Nuus / Kussingslope word rokkies

Die uitreik-organisasie Out of the Box, wat in Germiston en Ferndale, Randburg, gebaseer is, het onlangs gevra dat mense vir hulle ou of nuwe kussingslope, kant en ander versierings moet stuur om vir dogtertjies nuwe rokkies te maak.

Hulle het onderneem om werklose vroue veral van die Oos-Rand te leer hoe om dié slope in rokkies te verander.

Die gevolg was nuwe rokkies vir Kersfees vir talle dogtertjies in plakkerskampe in die omgewing.

Out of the Box spits hulle daarop toe om vaardighede aan werkloses te leer en hulle dan te help om klein ondernemings te begin. Dié mense word verder ondersteun deurdat die organisasie hul produkte en dienste bemark en maandelikse markte in Ferndale aanbied.

Volhoubare tuinmaak, kookkuns, pottebakkery en naaldwerk is van die vaardighede wat oorgedra word. Belangstellendes wat die organisasie wil vra oor korporatiewe geskenke of uitstallings by konferensies, of wil help met byvoorbeeld toerusting, kan hulle kontak by 011 872 0967/8 of 083 583 5383.____________________________________

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs