Woensdag 23 April 2014
Tuisblad / Nuus / DBV kry ekstra hulp vir feestyd

Die verspreider van fotostaatmasjiene Bytes Document Solutions (BDS) het onlangs ’n tjek vir R72000 aan die Randburgtak van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig.

Dié Kersgeskenk gaan die Randburgse DBV help om veral diere wat oor die Kersgety agtergelaat word of wegraak, te versorg. Die dienste van die DBV is tradisioneel meer in aanvraag oor die Kerstyd.

As deel van BDS se sosiale verbintenis om gemeenskappe op te hef, ondersteun die maatskappy die DBV se missie van regte vir diere, soos om vry te wees van honger en dors, ongemak of pyn van beserings of siektes, om hul normale gedrag te toon en om vry te wees van vrees.

Die maatskappy se hoof- uitvoerende beampte, Johan Basson, sê die maatskappy erken sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waarin hy sake doen.

BDS se skenking aan die DBV is moontlik gemaak deur ’n insamelingsprojek tydens hul jaarlikse verkoopskongres waar dit besluit is om ’n korporatiewe maatskaplike beleggings-element by hul tema te voeg.

Basson sê dié projek is moontlik gemaak deur die verkoopspan van DBS en dat dit “’n riem onder die hart is om deel te wees van so ’n verstommende span mense en om terselfdertyd te weet ’n mens maak ’n verskil”.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
bottom