Die Johannesburgse rock-groep Burning Blue was die wenners van die 16de jaarlikse Emerging Sounds-uitdaging wat onlangs by Rumours in Palm Court, Weltevredenpark gehou is.
Die groep het ’n Alto-klankstelsel gewen wat deur Toms in Sandton geborg is sowel as die geleentheid om met die internasionaal bekroonde Darryl Torrby as vervaardiger by die Open Room-ateljee op te neem.
Die musiekkenner Dave Chislett gaan die groep help om ’n strategie vir 2013 op te stel.
Al die groepe wat vanjaar aan die Emerging Sounds-uitdaging deelgeneem het, kom in aanmerking vir ’n afslag van 50% by die Open Room-ateljee en ’n Symstan-slypskool.
Die jaarlikse geleentheid is oop vir enige musiekstyl en inligting oor volgende jaar se geleentheid is te kry by emergingsounds@mweb.co.za.