Woensdag 16 April 2014
Tuisblad / Nuus / Onseker oor toekoms

Die BP Hillside-vulstasie in Rustenburgweg, Melville, moet ná sowat 30 jaar dalk sluit, maar die eienaar sê hy “gaan nie wegstap nie”.

Dié klein vulstasie met sy vriendelike personeel en die motorhawe op dieselfde perseel is geliefd in die buurt en talle inwoners was ontsteld toe hulle hoor die plek maak toe.

Die rede het glo met nuwe internasionale BP-gesondheid- en -veiligheidstandaarde te doen.

Andrew Ioannou van AGI Auto bedryf sy onderneming al vyf jaar lank daar.

Hy het ’n maand gelede gehoor hy moet middel vandeesmaand uit sy werkwinkel wees, maar dié besluit is nou uitgestel en hy sê hy is “van dag tot dag op hete kole” omdat hy nie weet wat vir AGI voorlê nie.

Die vulstasie-eienaar, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê hy is baie positief dat die vulstasie vroeg in die nuwe jaar weer sal brandstof tap. Hy is besig met onderhandelings met sowel die eienaar van die gebou as verskillende oliemaatskappye.

Hy is reeds 12 jaar by Hillside en hy vertel hy het die spesiale opleiding en die nodige infrastruktuur om ’n vulstasie te kan bedryf.

Sy 11 personeellede het, elkeen met ’n goeie verwysing, almal in die afgelope week of twee werksonderhoude by ’n ander maatskappy gekry.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom