Tuisblad / Nuus / Erkenning aan dié wat ’n roeping volg

Die eerste medaljeparade van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Krugersdorp-groepering is onlangs in die Chief Mogale-saal in Kagiso gehou.

Die waarnemende groepbevelvoerder, brig. Patricia Rampota, het medaljes aan 24 polisiebeamptes oorhandig.

Sy het hulle bedank vir hul pligsgetrouheid, hul voorbeeldige gedrag en getroue diens. Sy het gesê dié beamptes doen meer as net hul werk; hulle volg ’n lewensroeping.

Verskeie senior amptenare van die SAPD, Mogale City-verkeersdepartement, Randfontein-verkeersdepartement en die departement van korrektiewe dienste, sowel as voorsitters van die gemeenskapspolisiëringsforums van die Kagiso-groepering het die geleentheid bygewoon.

Andy Mashaile, die voorsitter van die Gautengse gemeenskapolisiëringsraad, het teenwoordiges toegespreek.

Drie amptenare het medaljes ontvang vir 30 jaar getroue diens, 12 vir 20 jaar diens en nege vir tien jaar diens.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs