Vrydag 18 April 2014
Tuisblad / Artikels / Maak só in geval van brande

In die somervakansie bring mense meer tyd in die buitelug deur, sê Tony Rubin, besturende direkteur van die Maropeng-besoekersentrum in die Wieg van die Mensdom, en dit vererger die gevaar van brande.

“Daar word gebraai en gerook en kinders speel sonder toesig met toegang tot vuurhoutjies en aanstekers.

“90% van vernietigende veldbrande word begin deur mense dikwels weens agtelosigheid,” sê Rubin.

Hy sê eienaars van reservate en ander toeriste-aantreklikhede behoort ’n sterk brandstrategie te hê. Dit moet drie komponente hê: bewusmaking (ook besoekers), voorkoming en beheer (wat opleiding van personeellede insluit) en paraatheid (wat die skep en instand-houding van brandstroke en toegang vir noodwerkers insluit).

Hy sê die laaste erge brand in die omgewing was in Augustus 2008, hoewel dié brand Maropeng nie geraak het nie. “Danksy ons brandstroke en personeel was die eiendom veilig.”

Sowat 50% van die weiding in die Wieg het egter afgebrand.

Rubin raai mense aan:

)Respekteer en gehoorsaam die instruksies van brand-, nood- en verkeersamptenare.

)Probeer wegbeweeg van ’n brand, maar as jy verby ’n veldbrand ry en nie kan sien nie moenie ry nie!

)Moet nooit die brand ignoreer nie, selfs al lyk dit of dit ver weg is. Die gevaarlikste situasie is wanneer die brand by ’n helling opbeweeg en jy bokant die brand is met bosse en gras tussen jou en die vuur.

)As jy nie van die vuur kan wegkom nie, kry ’n veilige sone soos ’n strook wat reeds gebrand het, ’n wye pad of ’n ou gebou.

)Sowel die hitte as die gebrek aan suurstof is wat skadelik is lê dus plat op die grond, maak jou kop toe en asem diep in voor die rook te naby kom. Hou jou asem op as die vuur oor en om jou beweeg.

As jy komberse of ekstra klere by jou het, maak jou so toe moontlik.

)Rubin lê klem daarop dat voorkoming die beste beleid is en herinner vakansiegangers daaraan om nie vure of kerse te los om sonder toesig te brand nie, sigarette dood te druk en nie die stompies in die droë veld te gooi nie, asook om vuurhoutjies en aanstekers buite die bereik van kinders te hou.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom