Woensdag 23 April 2014
Tuisblad / Sport / Emmarentia se Brandon in wenspan

Die Johannesburgse kanovaartkampioen Brandon van der Walt was lid van die wenspan van twee wat op die Gautengse K2-rivierkano-kampioenskap gewen het.

Die kampioenskap is onlangs oor twee dae as deel van die BSI Steel Vaalriviermarathon gehou.

Dié marathon word deur talle kanovaarders as baie moeilik beskou. Buiten die eerste 8km van versnellings en ander struikelblokke by die begin van die Vaaldam is die rivier redelik vlak en wyd, wat harde roeiwerk verg. ’n Grappie onder roeiers is dat die Vaalrivier die enigste “opdraanderivier” ter wêreld is.

Net taai, fiks en wedywerige roeiers aanvaar graag dié uitdaging, maar dit bied goeie stamina-oefening en voorbereiding vir die Duzi-wedvaart, wat in Februarie oor 120km beslis word.

Emmarentia se Van der Walt, saam met Len Jenkins, en Ant Stott saam met Cam Schoeman het die eerste twee plekke ingeneem. Jacques Theron van die Emmarentiadam se kanoklub en Piers Cruickshanks was ook onder die eerstes oor die wenstreep.

Van der Walt was ’n leerling aan die Parktown Boys High School en is daarna na die Varsity College in KwaZulu-Natal.

Hy het op die Emmarentiadam die kano bemeester en het twee jaar gelede op die Wêreld- o.21-marathonkampioenskap gewen. Sy broer, Grant, was tops op die o.23-kampioenskap.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
bottom