Sondag 20 April 2014
Tuisblad / Nuus / Vroue vereer wat hul lewe ‘omkeer’

Die Cradle of Hope-organisasie het tien vroue op ’n gala-geleentheid by sy House of Restoration in die Suiderlig-kerksaal in Krugersdorp vereer.

Die tien vroue het elk ’n trofee gekry as “graduandi” van dié tehuis.

Volgens Melodie van Brakel van die Cradle of Hope het al tien “hul lewe omgedraai en oorwinnaars geword”.

Die rokke en bykomstighede wat hulle vir die gala-aand gedra het, het alles van die Cradle se Aspoester-projek. Hierdeur word aand- en trourokke wat agter in klerekasse sou hang, geskenk en dan gratis aan minderbevoorregtes beskikbaar gestel vir spesiale geleenthede soos ’n matriekafskeid of ’n troue.

Die Cradle se kleuters het met ’n sing-en-springliedjie wat hulle net soveel soos die gehoor geniet het vermaak verskaf en van die ouer tienermeisies het gedans en gesing.

Jean (van teruggehou), ’n eertydse heroïenverslaafde wat ’n aantal jare lank haweloos was, het in April na die tehuis gekom nadat sy 16 keer in rehabilitasiesentrums was.

Jean het volgens Van Brakel vanjaar baie hard gewerk om haar lewe te verander en het onlangs in haar eie plekkie ingetrek.

Sy gaan nog elke dag na die House of Restoration en gee demonstrasies in die maak van kaartjies, juwele en mosaïek en bestuur die tehuis se kreatiewe projekte en vlooimarkstalletjies.

Daarby het Jean ’n reeks juwele, “Juwele van geloof”, ontwerp en die eerste van dié stukke is op die gala-aand opgeveil en deur Hanlie Kroese vir R1000 gekoop. Dié stel is geïnspireer deur Spreuke 11:30.

)Mense wat die Cradle of Hope wil help, kan00116604623 skakel.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom