Donderdag 17 April 2014
Tuisblad / Nuus / Florries tel dat dit klap; wen medaljes

Leerlinge aan die Laerskool Florida het onlangs skitterend presteer by die jaarlikse Abacus-wiskunde-kompetisie. Sowat 190 kinders van verskeie Wes-Randse skole van gr. R tot gr. 7 het deelgeneem.

Die eksamen het uit een abakus- en een hoofrekene- vraestel vir elke vlak bestaan.

Simoné van Staden (gr.3) van Florida was die toppresteerder en het met die wentrofee weggestap.

Roslyn van Wyk (gr.3) was die naasbeste en het die kampioentrofee gewen.

Die sussies Dana (gr.3) en Mia Janse van Vuuren (gr.1) het goue medaljes gewen, Ané Malan (gr.R) het ’n silwermedalje gewen en JC Oberholzer en Daniella van Staden (albei vanjaar in gr.1) het bronsmedaljes gewen.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom