Tuisblad / Nuus / Nuwe private skool vir Krugersdorp

’NNuwe private skool vir kinders van gr.R tot gr.5, Curro Krugersdorp, maak op 9 Januarie sy deure oop met 208 leerlinge en 18 onderwysers.

Dié primêre skool is die jongste van die landwye Curro-skolegroep, wat reeds sowat 22000 leerlinge het.

Die uitvoerende hoof is Annemarie Lombard, wat sewe jaar lank die hoof by die Delta Park-skool was.

Lombard meen die nuwe skool in Rangeview bied ’n geleentheid aan Afrikaanssprekende ouers aan die Wes-Rand wat hul kinders in hul moedertaal in ’n bekostigbare private skool wil laat onderrig.

Dubbelmediumklasse word in die laerskool aangebied, wat beteken dat Afrikaanse en Engelse klasse apart is.

’n Ope dag is op 1 Desember by Curro Kids (voorheen Curro Bidi) gehou omdat die nuwe gebou se sleutels nog nie oorhandig is nie sodat onderwysers, voornemende leerlinge en ouers met mekaar kon kennis maak.

Dié “melktand-skool” is vir kinders van twee jaar oud tot gr.RR.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-05-22
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 13° - 26° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 22° icon
BLOEM 4° - 23° icon
DBN 13° - 25° icon
PE 11° - 30° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs