Woensdag 16 April 2014
Tuisblad / Nuus / Arende kry groot skenking

Die witkruisarende van die Walter Sisulu- Nasionale Botaniese Tuine weet daar niks van nie, maar hulle is byna R100000 ryker.

Die Silverstar-casino het onlangs ’n skenking van R95000 aan die Roodekrans-witkruisarendprojek gedoen.

Die casino het reeds in Oktober 2010 sy verbintenis aan die omgewing bewys deur 10ha grond aan die Walter Sisulu-tuin te skenk om te verhinder dat die omgewing oorontwikkel.

Volgens ’n woordvoerder van die casino, Sanè Ndlovu, is daar reeds in die beplanningsproses en bou van die casino baie moeite gedoen om seker te maak die casino stel nie die vlugpatrone of die natuurlike habitat van die witkruisarende van Roodekrans in gevaar nie.

Tanya Becker, voorsitter van die Roodekrans-witkruisarendprojek, het voor die oorhandigingsgeleentheid geweet die projek kry iets by die Silverstar, maar was oorstelp toe sy hoor wat die bedrag is.

“Dit voel of ek droom. Ek is so dankbaar teenoor almal by Silverstar Casino,” het sy gesê.

“Ons gaan die geld gebruik vir opvoedkundige doeleindes, vir promosie-artikels, vir advertensie wanneer nodig, bemarking en om die handelsmerk van ons projek te vestig en om die publiek bewus te maak oor ons witkruisarende en roofvoëls.

“Ons moet ook ons rekenaartoerusting, webwerf en ons inligtingskamer by die Tuine verbeter.”

)Jabulani, die jongste witkruisarend, verlaat na alle waarskynlikheid vandeesmaand sy ouerhuis om sy eie potjie te krap, ’n maat te soek en sy eie lewe te lei.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
LAAT JOU STEM HOOR Stel meningspeiling voor
Paasnaweek
Wat is julle planne vir die Paasnaweek?
Ons bly rustig by die huis.
Ons gaan by die huis werskaf.
Ons kry kuiermense.
Ons gaan weg! Lekker!
top
bottom