Tuisblad / Nuus / Nuwe sportkroeg begin in Randburg

’n Nuwe sportkroeg, Luvland sports bar, het onlangs met vrolike fanfare in die Tokai-winkelsentrum, Malibongwerylaan, Randburg, geopen.

Musiek deur plaaslike kunstenaars, eet- en drinkgoed was op die spyskaart.

Die sportkroeg is elke dag van die week oop en benewens sportuitsendings word pub-maaltye, en op Vrydae, musiekuitvoerings, aangebied. Munt-outomate word glo volgende jaar geïnstalleer.

“Ons het ’n gemaklike atmosfeer geskep wat deur ’n diverse groep mense geniet kan word, van sportliefhebbers tot sakemanne tot dié wat net ’n paar drankies en potspel wil kom geniet,” sê die bestuurder, Kerwin Budden.

’n Spesialiteit van die kroeg is plaaslike mikro-gebroude bier.

Die eerste uitdunne van die pool-kompetisie het reeds begin en die laaste rondes sal in die nuwe jaar gehou word. Die eerste prys is ’n week vir twee in Plettenbergbaai.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs