Tuisblad / Nuus / Onnies het saam met hom gehardloop

Arthur Underhay, hoof van die Hoërskool Linden, verlaat dié skool eersdaags en word die nuwe hoof van die Hoër Tegniese Skool Drostdy in Worcester in die Breëriviervallei.

“Hoewel ek nie die Kaap ken nie, sien ek baie uit na die nuwe uitdaging,” sê Underhay. “Ek wil beslis iets van die Linden-kultuur saamneem na HTS.”

Hy sê hy gaan altyd die Lindeniete se mooi gesindheid onthou en dat hulle ongelooflike kinders is. Hy noem die briljante akademiese uitslae en Linden se leerkultuur as uitstaande kenmerke.

Hy voel hy het ná amper vier jaar sy doelwitte vir Linden bereik.

Oliver Spence (gr. 8) vat die Lindeniete se gevoelens oor hul hoof saam: “Hy is awesome! Ons gaan hom verskriklik mis.”

Henna Schwartz, ’n wiskunde-onderwyser by die skool, sê dis ’n groot verlies vir die skool. “Hy droom groot en hy doen groot.”

“Ons skool het baie positiewe energie bygekry,” sê dr. Adri Uys, natuurwetenskap-onderwyser. “Ons getalle het gegroei, ons terrein en geboue is opgeknap, ons tuine is asemrowend, ons het ’n heerlike kafeteria en ons presteer op alle gebiede. Die onderwysers het saam met hom gehardloop; nie geloop nie.” Corné Coetzee

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-05-23
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs