Tuisblad / Nuus / Stadsraad bank nou elders

Die Johannesburgse stadsraad se bankbesonderhede het verander.

Die stad bank sedert die begin van November nie meer by Absa nie, maar by Standard Bank.

Inwoners kan onmiddellik die besonderhede van hul bestaande betaalmetodes verander, maar het tot 28 Februarie om dit te doen.

Geen bankbesonderhede word vir die stad verskaf nie sodat geen private begunstigde aan die stad se rekening gekoppel kan word nie.

’n Unieke begunstigde-nommer (beneficiary number) is aan die stad toegeken vir Standard Bank-tak-betalings, AA45 (kyk op die depositostrokie).

Die staatverwysing (statement reference) is jou 9-syfer- munisipale rekeningnommer.

Rdl. Tim Truluck raai mense aan om die verandering so gou moontlik aan te bring en ook om al hul betaalbewyse te bêre.

Nog inligting is by www.joburg.co.za beskikbaar.

Bel die oproepsentrum by 00860 562 874 of besoek die kliëntedienssentrums in Randburg op die hoek van Bram Fischer- en Jan Smutsrylaan of in die Roodepoortse burgersentrum by Christiaan de Wetrylaan as jy hulp nodig het met die oorskakeling.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs