Tuisblad / Nuus / Jozi se parke-afdeling wen

Die Johannesburgse parke-afdeling het vandeesmaand die Golden Arrow-toekenning gewen vir beskerming van die omgewing.

PMR.africa, wat konsultasie-, navorsings- en risikobestuursdienste aanbied, doen jaarliks ’n opname van instansies, maatskappye en individue wat belangrike bydraes lewer4 tot ekonomiese groei, onwikkelingsbestuur en korporatiewe leiding in Johannesburg. Die Afrika-leiers-en-presteerders-geleentheid op 5 November is in die Hyatt Regency-hotel in Rosebank gehou.

Instansies en maatskappye waarna gekyk is, is onder meer ouditeursfirmas soos Deloitte, PricewaterCoopers, advertensiemaatskappye soos Ogilvy Johannesburg, banke, konstruksiemaatskappye soos WBHO en Murray and Roberts en gasverskaffers soos Sasol en Egoli Gas.

Die voorsitter van Johannesburg City Parks, adv. Brenda Madumise, het die toekenning ontvang.

Die doel van die toekennings is onder meer om die stad se profiel as ’n groeipunt en potensiële beleggingskern te versterk.

Handelsmerkbewustheid, prosesse, bestuursuitnemendheid en innovering word in ag geneem.

“Die Joburg 2040-visie toon dat ons verbind is tot die bou van ’n groen, leefbare, veerkragtige en ekonomies lewensvatbare stad om die lewensgehalte van mense wat hier woon, speel, belê en aandoen, te verbeter,” sê rdl. Chris Vondo, lid van die burgemeesterskomitee vir gemeenskapsontwikkeling in Johannesburg.

Die stad se parke-afdeling het onder meer sedert 2011 meer as 200000 bome, waarvan 7000 vrugtebome is, geplant, 42 gemeenskapskostuine aangelê en is besig om talle oefengims in parke te installeer.

Nog inligting by www.pmrafrica.com.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs