Tuisblad / Nuus / Zander is Gauteng se somkoning

Zander Jansen van Rensburg, ’n gr.3-leerling aan die Laerskool Fontainebleau, het onlangs 170834 kinders uitgestof toe hy as die algehele wenner uit die stryd getree het in die Gauteng-onderwysdepartement se hoofrekenekompetisie vir gr.3-leerlinge.

Die kompetisie is oop vir al die skole in Gauteng en word elke jaar deur die departement aangebied.

Die deelnemers ding eers in hul eie skole en dan in die “cluster”-kompetisie mee.

Zander het in Augustus by Sharonlea Primary as die verteenwoordiger van die Laerskool Fontainebleau die noordelike troskompetisie, waaraan 18 skole deelgeneem het, gewen.

Daarna het hy ’n distrikskompetisie gewen en is later by die Sci-Bono Discovery-sentrum in Newton, Johannesburg, as die algehele wenner in die eindronde van die hoofrekene-wiskunde-uitdaging vir 2012 aangewys.

Zander het Suid-Afrika ook reeds twee keer verteenwoordig by die Pan Pacific Abacus Arithmetic-kompetisie in Thailand en Maleisië.

Zander blink ook uit in sport en is onlangs gekies vir Johannesburg-Noord se o.9-krie ketspan.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs