Donderdag 24 April 2014
Tuisblad / Nuus / Wen kaartjies en ete by Silverstar

Hier is ’n lekker prys te wen: kaartjies vir ’n Bok van Blerk-vertoning en ’n smul-ete ter waarde van R500!

Die Silverstar-casino in Krugersdorp is so in hul skik met die gesogte toekenning wat hulle gewen het vir die spa wat deel is van die Silverstar-kompleks, dat hulle dié prys weggee aan een gelukkige leser.

Die luukse Soulstice-dagspa by die casino is onlangs by die jaarlikse Les Nouvelles Esthetiques Spa-toekennings aangewys as die beste hotelspa in Suid-Afrika.

“Ons is baie bly om hierdie toekenning te wen omdat ons gedurig hoër mik wanneer dit by standaarde en diens kom,” sê Marilu Olwagen, bestuurder van Soulstice.

Vier van die spa’s in die Spas of Distinction-groep het dié toekenning al in die verlede gewen.

Dié groep se geheim is om sy gaste werklik te behaag en op ’n sensoriese reis te neem, sê Mark Barkett van die groep.

By Soulstice was die wenresep goed opgeleide personeel en ’n bestuur wat werklik omgee wat hulle doen, ’n pragtige plek en ses-ster-diens, sê hy.

“Marilu is ’n baie betrokke bestuurder met baie ondervinding. Ons glo ook daarin dat ons personeel nooit moet ophou leer nie,” sê Barkett.

’n Flotasietenk, ’n rasul-kamer (vir modderbehandelings), ’n verhitte spuitpoel, stoomkamer, gimnasium met die jongste toerusting, buitenshuise swembad en ontspanningsarea is van die luukshede wat op gaste hier wag.

Plaaslike en internasionale velsorgprodukte word te koop aangebied. ’n Haarsalon word binnekort bygevoeg.

“Ons wil ’n groen en energie-doeltreffende maatskappy wees,” sê Barkett.

Nog inligting by 0011 662 7500 of www.soulsticedayspajhb.co.za.

Skryf in vir die kompetisie waar jy kaartjies vir die konset en ’n ete kan wen deur te kliek op “Kompetisies” op die balkie aan die bokant van die tuisblad. Die kompetisie sluit Woensdag 5 September om 24:00.

  KOMMENTAAR 
 
top
ONS JONGSTE UITGAWE

top
bottom