Nuus / Strate gesluit vir groot stap

Sowat 67 000 stappers word Sondag verwag vir die Discovery 702 Walk the Talk wat elke jaar ten bate van liefdadigheid gehou word. Stappers gaan roetes van 8 km tot 30 km stap in Emmarentia, Greenside en Parkview.

Dit is die 12de jaar dat dié staptog gehou word.

Die roetes begin en eindig by Markspark in Judithweg, oorkant die ingang van die Melville-koppies, en wissel van 8 km tot 30 km. Die tye van die 15 km- en 30 km-staptogte word amptelik gemeet.

Die radiostasie 702 en die mediese fonds Discovery Health bied die geleentheid aan in samewerking met die Johannesburgse stadsraad en met die goedkeuring van die burgemeester, rdl. Amos Masondo. Die metropolisie het toestemming verleen en sal al langs die roete sigbaar wees.

Die Laureus-stigting, wat deur middel van sport gemeenskapswerk doen, is vanjaar weer die amptelike liefdadigheidsorganisasie wat by die staptog baat.

Strate in en om Emmarentia, Greenside, Parkview, Westcliff en Saxonwold sal Sondag tydelik gesluit wees. Dit word op ’n roterende grondslag gedoen, van 0400 tot 14:00, ’n halfuur voor die stappers begin en sodra almal verby is.

Kliek hier om die roetekaart te sien.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-06-18
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs